You are currently viewing Hoe plante mikrobes gebruik vir voedingstofbeskikbaarheid
Die wortel van Phragmites australis -- “reuserietgras" – met ‘n wolk van bakterieë rondom ‘n wortelpunt waar hulle die wortelselle binnegaan. Krediet: Professor James F. White Jr./Rutgers University-New Brunswick

Hoe plante mikrobes gebruik vir voedingstofbeskikbaarheid

Navorsers het die meganisme ontdek wat plante gebruik om grondmikrobes in te span om voedingstowwe te verkry. In ‘n proses genoem die “Rhizophagiesiklus” beweeg bakterieë tussen ‘n vry bewegende fase in die grond en ‘n fase binne-in die plantwortel. Die mikrobes verkry voedingstowwe (stikstof en minerale) uit die grond, en dan word die voedingstowwe weer onttrek vanaf die mikrobes in die plant se wortelselle.

“Die Rhizophagie siklus gebeur waarskynlik in alle plante en mag ‘n belangrike metode wees van hoe plante voedingstowwe bekom.”, sê James F. White Jr, ‘n professor in die Department van Plantbiologie aan Rutgers Universiteit-New Brunswick, wat die siklus reeds vir sewe jaar bestudeer. “Die ontdekking dat plante aktief voedinstowwe onttrek van simbiotiese mikrobes is nuut.”

“Die 50 of meer plantspesies wat reeds sover ondersoek is, toon die betrokkenheid van Rhizophagie. Sekere van die deelnemende mikrobes in die rhizophagiesiklus verhoog die groei van hul gasheerplant maar beperk die groei van ander plant spesies.” Sê White.

Die rhizophagiesiklus werk so: Plante kweek – basies boer met – mikrobes rondom die wortelpunt deur afskeiding van suikers, proteiene en vitamine. Die mikrobes groei en gaan die plant wortelsel binne deur die wortelpunt waar die selle aktief besig is om te verdeel en ‘n harde selwand nog ontbreek. Wanneer die mikrobes die wortelsel ingaan, verloor hulle hul eie selwand, word vasgevang in die plantsel en word bestook met reaktiewe suurstof (superoksied). Die reaktiewe suurstof breek sekere van die mikrobeselle af en onttrek hul voedingstowwe. Ander mikrobes oorleef en spoor die vorming van wortelhare aan. Die mikrobes verlaat dan die wortelhare deur die groeiende haarpunt waar die selle sag is en hervorm hul selwande met die terugkeer na die grond. In die grond maak die mikrobes weer voedingstowwe bymekaar en die proses herhaal homself oor en oor.

Bron:

https://phys.org/news/2018-09-harness-microbes-nutrients.html

Read this article in English