You are currently viewing Die Optimale Produksiestelsel vir Goeie Oesopbrengste
‘n Kompostee brousel wat ‘n diverse gemeenskap van voordelige mikrobes en hul groot verskeidenheid van plantgesondheid bevorderende metaboliete bevat. Krediet: Ecosoil

Die Optimale Produksiestelsel vir Goeie Oesopbrengste

Die najaag van ‘n verhoging in oesgrootte is nie die volledige of selfs gewenste antwoord nie. Om ‘n groter oes te realiseer, verg ‘n vergelykende of selfs groter persentasie verhoging in insetkoste. In die meeste gevalle is dit dus nie die oplossing nie.

Die heel beste metode om van die kosteknyptangeffek tussen inkomste en produksiekoste te ontsnap is deur beide die omset te verhoog en die produksie-insette te verlaag. Dit is egter slegs moontlik as die gesondheid en -vrugbaarheid van jou grond daadwerlik en aaneenlopend verbeter word.

Wins korreleer positief met die hoeveelheid grondorganiesemateriaal teenwoordigi en nie met opbrengs nie (1). Vrugbare grond is dus nie net goed vir die omgewing nie, maar ook vir jou sak. ‘n Goeie funksionele landbou-ekosisteem lewer optimale oesgroottes, verhoog oeskwaliteit, uitpakpersentasie en ook die premie wat die oes regverdig.

Hoe strenger jy die natuurbeginsels navolg om die grond nie te versteur nie, om dit permanent beplant of bedek te hou en die mikro-organismes gevoed te hou, hoe meer veerkragtig word die stelsel, hoe groter word produksie-effektiwiteit en hoe beter is die bedryfswins. Uit die drie kernnatuurbeginsels vloei die voordele van verbeterde waterinfiltrasie en voginhoud, groter voedingstof- en koolstofgebruikseffektiwiteit, en aansienlik verbeterde grondvrugbaarheid en produktiwiteit.

‘n Stelsel wat goed funksioneer lek nie voedingstowwe nie, maar behou dit in die aktiewe bogrond. Bestuurspraktyke moet daarop fokus om die grond se organiese materiaalvlakke te bou, chemiese verhoudings te balanseer en om `n diverse mikrobiese gemeenskap te bevorder. Die vlak van organiese materiaal in grond het `n sterk verwantskap met oesopbrengs , oeskwaliteit, plaag- en siektebeheer en stelselveerkragtigheid. Organiese materiaal verhoog waterbeskikbaarheid en die plant se vermoë om voedingstof beskikbaarheid te reguleer. Die plant doen dit deur die aantrekking en beheer van ‘n aktiewe mikrobegemeenskap in sy wortelsone, met laasgenoemde wat vir meer as 90% van plantvoedingstof beskikbaarheid verantwoordelik is. Sien ‘Hoe plante  mikrobes gebruik vir voedingstof beskikbaarheid’ onder.

Stimulering van die groei, aktiwiteit en funksie van die grond se mikrobegemeenskappe het direkte voordele vir die gewas. Goeie kwaliteit kompos, ‘n deklaag of dekgewasse help om die grond koel en vogtig te hou en voed die mikrobegemeenskap.

By Ecosoil spesialiseer ons in grondgesondheidsinsette soos Kompostee en omgewingsvriendelike grond bevorderaars wat ontwerp is om grondfunksies te herstel en daardeur die nodigheid vir eksterne insette te verlaag. Kompostee hervestig ‘n diverse verskeidenheid voordelige mikroorganismes en is ryk aan waardevolle metaboliete wat plantgesondheid bevorder. Dit herstel die balans tussen die aerobiese en anaerobiese organismes, tussen die voordelige mikrobes en patogene, en help om die pas en effektiwiteit van organiese materiaalomsetting en voedingstofbeskikbaarheid te verhoog, verminder voedingstofverliese en die nodigheid vir kunsmis aanvullings.

Sluit aan by Ecosoil se Herlewingsprogram, ons oogmerk is om jou boerdery te bevoordeel deur:

  • Verminderde koste van produksieinsette,
  • Verminderde steun op eksterne voedingstof en chemiese insette,
  • Vermindering van risiko, teweeggebring deur verhoogde landbou-ekostelsel veerkragtigheid,
  • Behaal van optimale oesopbrengste van hoë kwaliteit, vir
  • Groter boerdery winsgewendheid.

Ons oogmerk met bogenoemde is nie om jou te oortuig nie, maar jou te motiveer om ons ‘n geleentheid te gun om ons waarde te demonstreer.

Verwysings:

Bron: (1) LaCanne, Claire E. and Lundgren Jonathan G. Regenerative agriculture: merging farming
and natural resource conservation profitably. PeerJ. 2018; 6: e4428.

Read this article in English