Root Whole MX

Help nuwe plantjies goed en vinnig vestig

Root Whole MX ondersteun en help beskerm klein boompies en wingerdstokke. Dit gee die plant ‘n geleentheid om sy genetiese potensiaal vroeg te vervul om sodoende vir die langtermyn te floreer.

Plant, hantering en wortelsnoei beskading die jong plant se wortels en kan lei tot moontlike koloniseering deur patogene. Root Whole MX bring beskermende mikrobes, immuunstelsel benodigde mikronutriente en groei bevorderende metaboliete na waar dit nodig is gedurende die fase van vestiging.

Root Whole MX voeg bio-organiese materiaal tot die grond toe, bestaande uit ‘n groot gemeenskap van voordelige mikrobes en die organiese produkte wat hulle produseer.

Die kompos bevat ‘n beduidende hoeveelheid humus, wat water-houvemoë verbeter. Dit en die kleie bevat spoorelemente wat die natuurlike reserves van plant-voedingstowwe en minerale aanvul in die wortelsone.

Die voordelige aerobiese mikrobegemeenskap in Root Whole MX vergroot soos die plant groei; dit weer patogene deurlopend af en verseker ook ‘n verbeterende grondomgewing vir die wortels.

Root Whole MX
Mycorrhizae fungi, Trichoderma fungi, Bacillus, Pseudomonas and Streptomyces bakterieë en baie ander, Humiensuur, Seewier ekstrak, Aminosure Wortelvorming Vitamiene, Spoorelemente bevattende kleie en Kompos as basis vir die spesiale mengsel

Root Whole MX is maklik om te gebruik.  Kontak ons vandag nog om jou mengsel te boek!

Hoe om te gebruik
Plaas die plant in die plantgat
Strooi ‘n 200ml koppie Root Whole MX oor die plantwortels, en
Vul die plantgat met grond